Local news

Ranties geniet visvang- en hengel werkswinkel en is reg vir stywe lyne

Danie Roux het onlangs sy visvang werkswinkel na Laerskool Randhart geneem om leerders touwys te maak oor visvang en hengel.

Die jongspan van Laerskool Randhart het met groot oë gestaan en luister na wat dit nou eintlik vat om ‘n visserman te wees.

Visvang entoesias, Danie Roux het die leerders stap-vir-stap deur alles gevat wat dit sal neem om ‘n goeie en effektiewe visserman te wees.

Die werkswinkel het die Ranties ook meer geleer oor veiligheid by die viswaters en hoe om aas aan jou vishoek te sit.

Selfs reënweer kon die Ranties nie weghou om meer by Oom Danie te leer nie. Hou hierdie spasie dop – hier kom ‘n klompie groot vissermanne.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button