Local news
Emmanuel-groep het ‘n hartroerende begin vir die jaar
Die groep se maandelikse ontmoeting het begin met lewendige wysies, heerlike bederfies en lekker gesprekke om die jaar in styl af te skop.

Die Emmanuel groep het die nuwe jaar afgeskop met ‘n gesellige kuier en ‘n heerlike tyd saam met Steve Ashley van die Staccatos.
Steve het musiek vir die ouer garde aangebied wat almal terdeë geniet het. Hy het die vermoë om die gehoor goed vas te vang.
Hy is natuurlik al in sy 70s maar fiks soos ‘n jong kunstenaar.
Na sy optrede het die lede soos gewoonlik lekker gekuier met eetgoed, koffie en tee.
Die volgende byeenkoms word op 20 Februarie gehou. Die tyd is 09:30 vir 10:00 en die kunstenaars sal Rayn Walt en Steven Sterling wees. Die toegang is gratis maar donasies sal gevra word waarmee die kunstenaar vergoed sal word.
Vir verdere inligting kan Marelie Rabie geskakel word by 082 462 8676
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.