Local news
Ranties spog met Ekurhuleni toekennings
Die Ranties bars van trots oor die uitsonderlike prestasies wat by die Ekurhuleni Sporttoekennings bekroon is.
Laerskool Randhart wens die volgende leerders en onderwyser geluk met hul prestasies:
• Liam McGeer – Laerskool Sportseun van die Jaar
• Kayla Hopley – Laerskool Sportdogter van die Jaar
• Bonita Mentz – Dames Tegniese Beampte van die Jaar
• Willem Willemse – Mans Tegniese Beampte van die Jaar

“Hierdie toekennings is ’n bewys van harde werk, toewyding en ware sportmanskap. Julle is ’n inspirasie vir elke Rantie en dra ons skool se naam met trots,” het Micheal Prinsloo, ‘n onderwyser by die skool gesê.
“Baie, baie geluk met hierdie besondere eer. Ons vier dit saam met julle.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




