‘n Gesellige oggend van musiek en kuier
Die Emmanuel groep het weereens 'n heerlike byeenkoms gehad by die Alberton LewenSentrum.
Eie aan die Emmanuel groep se tradiese het hul afgelope kuier weer gesellig afgeloop.
Die byeenkoms was ‘n uitstekende geleentheid waartydens die bekende sanger, Manie Jackson die byeenkoms kom opvrolik het met sy uitstaande sang talent en sy uitmuntende verhoogpersoonlikheid.
Die lede het sy bediening deur musiek terdeë geniet. Na sy optrede het die lede lekker saamgekuier oor ‘n koffie en tee met heerlike eetgoed.
Emmanuel se volgende byeenkoms sal weer by die Alberton LewenSentrum gehou word op 16 April om 09:30 vir 10:00 met Wentzel du Plessis wat as gaskunstenaar sal optree.
Toegang sal soos gewoonlik gratis wees maar daar sal wel donasies gevra word waarmee die gaskunstenaar vergoed sal word
Elkeen is welkom om ‘n bordjie eetgoed saam te bring
Vir verdere inligting skakel vir Marelie Rabie by 082 462 8676.




