Schools

Bekkige spanredenaars onder top 5 SA spanne

Laerskool Orion bars behoorlik van trots en spog met 4 uit die 5 top SA redenaarspanne vir hul onderskeie grade

Vier van Laerskool Orion se redenaarspanne is as van die top vyf spanne in Suid-Afrika in hul onderskeie grade aangewys.

Die spanne is onderskeidelik in grade twee, vier, ses (span 1) en sewe aangewys.

Hierdie spanne het nou die voorreg om op 14 Oktober aan die landsfinaal by ATKV Buffelspoort deel te neem, waar hulle teen van die beste spanne in Suid-Afrika gaan meeding.

“Dit is werklik ’n uitsonderlike prestasie en iets waarop ons as skool ongelooflik trots is. Om onder die beste in die land gereken te word, getuig van harde werk, selfvertroue, talent en uitstekende voorbereiding,” het Danny Last van die skool gesê.

“Baie geluk aan elke leerder en afrigter wat deel is van hierdie besonderse prestasie. Ories, julle maak ons trots. Sterkte met die landsfinaal – die skool staan bankvas agter julle.”

Marli Vosloo. Foto: Verskaf.
Zandré Hansen. Foto: Verskaf
Luhan Hansen. Foto: Verskaf
Joniques Steenekamp. Foto: Verskaf.
Sumay Heymans. Foto: Verskaf
Mieke van Rensburg. Foto: Verskaf
Helena Joubert. Foto: Verskaf
Minke Scholtz. Foto: Verskaf
 Wian le Roux. Foto: Verskaf
Mienke Willemse. Foto: Verskaf
Ben van Jaarsveldt. Foto: Verskaf
 Martmari Rautenbach. Foto: Verskaf
Kaylee Quinton. Foto: Verskaf
Ruan Oosthuizen. Foto: Verskaf
Lindi van Jaarsveldt. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button