Schools

Randhart-atlete blink by Gautengkampioenskappe

Tien Ranties het aan die kampioenskappe deelgeneem, met Kehann Welgemoed wat ’n tweede plek en Lu-Mari Hattingh ’n sesde plek behaal het.

Laerskool Randhart se atlete het met trots by die Gautengkampioenskappe by Curro Sagewood meegeding.

Altesaam 10 van die skool se atlete het aan hierdie groot geleentheid deelgeneem. “Die skool is uiters trots op elkeen wat die uitdaging aangepak, hul beste gegee en waardevolle ervaring opgedoen het,” het Micheal Prinsloo van die skool gesê.

Kehann Welgemoed. Foto: Verskaf

Die atlete se amptelike uitslae is as volg:

• o7 Lu-Mari Hattingh – sesde plek

• o9 Kehann Welgemoed – tweede plek; Adam van Zyl – 42ste plek; Annabel Rheeders – DNF

• o10 Leon Bezuidenhout – 11de plek; Cayla Botes – 32ste plek

• o11 Anroux Nel – 11de plek; Elzereè Hattingh – 28ste plek; Mila Pretorius – 16de plek

• o12 Johan Hattingh – 39ste plek

Annabel Rheeders. Foto: Verskaf

Die top ses kwalifiseer vir die SA’s en die skool is besonder trots op Kehann, wat ’n fantastiese tweede plek behaal het en Lu-Mari het ook met ’n uitstekende sesde plek geëindig.

Hoewel die jonger o.7 tot o.9-atlete nie vir die SA’s kwalifiseer nie, is hul deelname en moed ’n prestasie op sigself en het die Ranties harte trots laat klop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button