LettersOpinion

Pasop vir ‘behulpsame’ bedelaars

Na aanleiding van die berig in Alberton REKORD op 10 Julie 2013; Ek het al die ervaring gehad dat sommige bedelaars en mense wat allerhande gemors by die robotte aan ‘n mens probeer verkoop, aan jou beduie dat daar iets fout is voor by jou motor. Die eerste keer het ek na die naaste parkeerarea …

Na aanleiding van die berig in Alberton REKORD op 10 Julie 2013;

Ek het al die ervaring gehad dat sommige bedelaars en mense wat allerhande gemors by die robotte aan ‘n mens probeer verkoop, aan jou beduie dat daar iets fout is voor by jou motor. Die eerste keer het ek na die naaste parkeerarea gery om te kyk wat is fout by my motor, maar daar was niks verkeerd nie.

Toe besef ek hulle wil hê mens moet uitklim en kyk wat is fout sodat hulle jou kan besteel of erger nog, jou kan aanval óf jou motor kan kaap. Intussen het hulle al verskeie kere vir my gewys daar is iets fout.

Waarsku tog die publiek dat hulle nie uit hul motors moet klim óf hul motors se vensters moet oopmaak om met hulle te praat nie. Ry liewer na ‘n veilige plek en gaan kyk daar of iets fout is met jou motor.

ANONIEM

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button