Local sportSport

Ou Motorskou

Ou Motorskou

DIE jaarlikse Ou Motorskou vind op Saterdag 8 Februarie by the NG Kerk Danie Theron in Eikenhof plaas.

Die skou begin om 08:00 en duur tot 15:00. Talle stalletjies, waar besoekers gedurende die dag iets kan koop, onder meer pannekoek, vetkoek en maalvleis, sosaties, prego-rolletjies en ook tuisgebak, sal beskikbaar wees.

Daar sal ook speletjies, skyfskiet en ‘n wit olifant tafel wees. Koffie/tee en koeldranke sal te koop wees.

Kom geniet die dag en besigtig veteraan- en ou motors van weleer. Enige persoon kan ook sy ou of veteraanmotor inskryf.

Toegang is R10 per persoon en laerskool kinders en ou motor uitstallers is gratis.

Dames met motors kan ook pryse wen.

Stalletjies is beskikbaar teen R150 per stalletjie, maar geen verdere kosstalletjies is beskikbaar nie.

Vir meer inligting, bel Antoinette: 082 898 2805 of Cecile: 082 3502027.

N1 Suid van Pretoria – M1 Suid Johannesburg – R82 Ou Vereenigingweg, oor Swartkoppiesweg, verby Lido Hotel, oor Lenasia kruising +/- 1 Km, kerk op linkerkant, Plot 70A.

Van Germiston/Alberton, neem Swartkoppies in ‘n westelike rigting, sowat 10 km van Brackenhurst, T aansluitng, draai links op R 82 +/- 2 km, kerk op die linkerkant, Plot 70A.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button