Shin Gi Tai karateka gradeer
Drie karatekas van die Alberton Shin-Gi-Tai Karate Akademie het onlangs gegradeer.
Sensei Jacques Albasini van Alberton Shin-Gi-Tai Karate Akademie het onlangs sy vierde dan swart gordel ontvang.
Hy het reeds in Graad Twee met karate begin, en beoefen vir die afgelope 40 jaar lank hierdie sport. Ongelukkig was daar onderbrekings toe hy weermag toe is en as gevolg van werk verpligtinge.
Hy is een van sensei Llewellyn Oosthuizen se senior instrukteurs by die Alberton Shin-Gi-Tai Karate Akademie.
Nog karateka wat gradeer het was Morné Swart wat sy eerste dan swart gordel verwerf het asook Handré Coxen wat sy geel gordel ontvang het.
“Baie geluk aan sensei Albasini, Morné en Handré,” het Oosthuizen gesê.
Enigiemand wat belangstel om by die klub aan te sluit, skakel Oosthuizen by 082 464 4912 of sensei Jacques Albasini by 083 271 4592.




