Sport

Marais Viljoen se eerste krieketspan presteer

Baie geluk aan elke speler en afrigter.

Hoërskool Marais Viljoen High School se eerste krieketspan het op 28 Februarie teen St Benedicts aan die Easterns T20-kompetisie finaal deelgeneem.

Die span het die loot gewen en besluit om eerste te boul. St Benedicts het 136/8 in hul 20 beurte aangeteken. Die draaiboulers het uitstekende werk gedoen deur die lopies laag te hou.

Jordan Baijnath was baie ekonomies en het vir slegs 13 lopies in sy vier beurte gegaan met een paaltjie. Declan Botes en Connor Meistre het albei ook twee paaltjies ingepalm.

Dewan Marais ontvang die wentrofee namens die skool.

Marais Viljoen het uitstekend begin en albei aanvangskolwers, Dewan Marais (47 van 21 balle) en Tristan van Schalkwyk (40 van 16 balle), het die boulers aangevat in die eerste ses beurte waar Marais Viljoen reeds op 87 vir een na ses beurte gestaan het.

Marais Viljoen steek St Benedicts se telling verby in die 13de beurt en wen die wedstryd met ses paaltjies.

Dit is Marais Viljoen se vyfde opeenvolgende jaar wat hul die Easterns T20-kompetisie wen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button