EntertainmentLifestyle

KYK: Nuwe Afrikaanse liedjie deur Frank and i

"Hierdie lied is 'n kreet wat uitgeskree word uit elke Suid-Afrikaner se hart sonder dat hulle dit weet." Frank and i

Frank and i het onlangs ‘n nuwe Afrikaanse lied, Ons sal weer opstaan, vrygestel op media platvorms en radio.

Volgens hulle gaan die lied gaan oor Suid Afrika en is baie belangrik vir n tyd soos nou.

Ons sal weer opstaand is reeds besig om baie aandag op radio en Facebook te lok.

Die geskiedenis agter die lied, word so deur Johan Brits, een van die lede van Frank and i, beskyrf: “Jy bevind jouself gereeld in gesprekke waar mense praat oor die land, die politiek en dan sluit hulle die gesprek af met ‘n voorspelling. Wat is joune?

“Ons sien ‘n land wat weer gaan opstaan. ‘n Volk wat afhanklik gaan wees van ons Hemelse Vader. Ons land gaan weer terugkeer na die beste land op die aarde. ‘n Land vol diversiteit en liefde.

“Hierdie lied is ‘n kreet wat uitgeskree word uit elke Suid-Afrikaner se hart sonder dat hulle dit weet.”

“Ons hoop nie meer nie, ons weet nou!”

Frank and i vra ook: “Versprei hierdie lied wyd en suid. Ons land het nodig om dit te hoor. Kom ons bid vir ons land. Besoek gerus #pray4sa se blad om deel te vorm van die gebeds beweging!”

KYK:

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button