Sewe leerders van Laerskool Northmead se o13-skaakspan het op 26 Augustus aan die Gauteng Skaakkampioenskappe deelgeneem waar hulle Ekurhuleni Noord Distrik verteenwoordig het.
Die toernooi het by die Springs stadsaal plaasgevind en die mededingers het vier uit vyf rondtes gewen.
Die span het algeheel tweede geëindig en dring dus deur na SA Topskole waar hulle die Gauteng provinsie later die jaar gaan verteenwoordig.
LEES OOK: Rugbyspan palm twee titels in
LEES OOK: Hokkie-bokkies haal provinsiale span
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!







