Local news

Brandwag spog met 100% slaagsyfer

Leerder prestasies word toegeskryf aan personeel toewyding

Hoërskool Brandwag se klas van 2022 het ‘n 100% slaagsyfer behaal en maak dus dié een van die stad se top presterende skole.

Van die 143 leerlinge wat verlede jaar hul finale eksamens afgelê het, het 98.58% geslaag met universiteitstoelating.

“Akademie is ons skool se kernbesigheid,” sê JN Wright, hoof van die skool.

“Wanneer leerders in matriek goed presteer, maak dit hul toekomskeuses makliker. Ons wil verseker dat Waggies elke geleentheid het om ‘n suksesvolle toekoms te bou.”

Leerders het hoë vakgemiddeldes in rekeningkunde, Engels, en kuns verwerf.

“Die puik prestasies word toegeskryf aan personeel wat ekstra klasse deur die jaar aangebied het,” het Wright gesê.

“Leerders presteer in ‘n akademies-gerigte atmosfeer waar die onderwysers goed voorbereid is en passievol oor klasgee is.”

LEES OOK: Brandwag skitter in eindeksamens

LEES OOK: Brandwag spits hul aandag op boelies

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button