Local news

Norrie meisies maak skoonskip by skaaktoernooi

Die span het vier uit vyf rondtes gewen

Sewe leerders van Laerskool Northmead se o13-skaakspan het op 26 Augustus aan die Gauteng Skaakkampioenskappe deelgeneem waar hulle Ekurhuleni Noord Distrik verteenwoordig het.

Die toernooi het by die Springs stadsaal plaasgevind en die mededingers het vier uit vyf rondtes gewen.

Die span het algeheel tweede geëindig en dring dus deur na SA Topskole waar hulle die Gauteng provinsie later die jaar gaan verteenwoordig.

LEES OOK: Rugbyspan palm twee titels in

LEES OOK: Hokkie-bokkies haal provinsiale span

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button