Van die kinders staan op ‘n Voortrekker wae. Hulle is, agter (van links): Lex Laurens (11) en Ryno van Wyk (11). Voor: Quanika Swanevelder (7) en Kaylee Rossouw (7).
Die kommando is die enigste Voortrekkerkommando in Benoni, volgens kommandoleier Tarina van der Merwe.
“Voorheen het elke Afrikaanse laerskool en hoërskool in die dorp ‘n kommando gehad, maar weens omstandighede het die meeste van die kommando’s doodgeloop,” sê van der Merwe.
Ryno van Wyk (links, 11) en Zain Britz (9).
Sommige van die Voortrekker leiers en vrywilligers staan vir ‘n foto. Hulle is (van links): Dané Botes, Estelle van den Heever, Conrad Bezuidenhout, Gerald van Aswegen, Reben Roos en Quirize Botha.
Van die kinders raak kreatief met gloeistokkies. Hulle is, agter (van links): Eva Karagiannis (9), Lee-Ann Peyper (9) en Yzelda van Zyl (9). Voor: Mia van Coller (6), Kate Maritz (9) en Izak van Zyl (6).
Daniel Young (links, 13), Juan Smit (13) en Happy Nhlapo (13) geniet hulself by die Voortrekker pret aand.
Danika Young (links, 12) en Suné Deetlefs (12).
Die jeug orkes lei ‘n eer en lof sessie vir die tieners van die Voortrekkers.
Marnus Grobbelaar help uit deur spookasem vir die Voortrekkers te spin.
Nadine McHaffie (links, 10) en Vioné Moore (11).
Hier te sien is, agter (van links): Hailey Jansen van Rensburg (9), Michael Camara (6) en Liam Rossouw (5). Voor: Vioné Moore (11) en Nadine McHaffie (10).
Ter viering van die 50ste bestaansjaar het die kommando onlangs ‘n evangeliese jeugfees by die Laerskool Brentwoodpark gehou.
‘n Groter feesviering word in Mei beplan.
Die kommando se spanbyeenkomste is elke Woensdag tussen 5.15nm en 6.30nm by die Gereformeerde Kerk, in Miles Sharpstraat, gehou.
Vir meer inligting, kontak van der Merwe op 083 785 5345 of adjunk-kommandoleier Anton Grobbelaar op 082 880 3839.