Protesaksie ruk handuit in Fochville

Skole is gesluit, paaie word versper en pantservoertuie met klippe bestook soos inwoners hulle ontevredenheid duidelik maak.

Chaos is besig om Fochville in Noordwes te omsingel na protesaksie deur gemeenskapslede geweldadig begin raak het.

Dié aksie het reeds Woensdag begin en lei daartoe dat inwoners van Fochville, Kokosi en Greenspark reeds vir drie dae nie krag het nie.

Vandag het leerders van al die skole in Kokosi hulle egter ook by die aksie aangesluit. Volgens verskeie inwoners van Kokosi en Fochville met wie die Fochville Herald op die toneel gepraat het, is dit juis hierdie leerders se betrokkenheid wat tot vandag se verhoging in geweld lei.

Van die betogers gooi voortdurend hierdie pantservoertuig van die polisie met klippe. Foto: Adele Louw.

Hoewel lede van die polisie se openbare orde-eenheid op die toneel is en onder meer rookgranate gebruik om die skare uitmekaar te probeer jaag, blyk dit nie die nodige uitwerking te hê nie.

Die betogers het vroeër voortdurend een van hierdie eenheid se pantservoertuie met klippe gegooi.

‘n Polisielid probeer inwoners keer om nader aan ‘n area te loop waar ‘n rookgranaat kort vantevore afgegaan het. Foto: Adele Louw.

Ander polisielede sowel as lede van die GPF en privaat sekuriteitsmaatskappy was ook op die toneel om orde te probeer handhaaf.

Herrie in Mpumalanga

Soortgelyke protesaksie het die week ook Vosman buite Emalahleni in Mpumalanga tot stilstand geruk.

Inwoners het ‘n gedeelte van die N4 versper om hul misnoeë te kenne te gee. Die burgemeester is ook tydens hierdie betogings met klippe gegooi.

Lees meer hier: Video: Emalahleni mayor stoned as protests continue on N4

Read original story on carletonvilleherald.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button