Local newsNews

Die liefde blom nog na 50 jaar

“Die wenresep vir 50 jaar van getroud wees is geloof, hoop en, die grootste hiervan, liefde …” sê Piet (78) en Sus Redelinghuys (69), van Northmead.

Die egpaar het op Saterdag, 6 Julie, hul 50ste huweliksherdenking saam met hulle kinders, kleinkinders en agterkleinkind gevier.

Die kinders het hulle met vier verskillende potjies, wat hulle voorberei het, bederf.

Daar was ook ander verversings, en ‘n groot koek vir die soettande.

Die paartjie het altyd saam met familie en vriende by Nortons Home Estate, waar hulle ouers gewoon het, gekuier, en daar het hulle mekaar in 1960 ontmoet.

Hulle is twee jaar later, in 1963, getroud.

Uit die huwelik is vyf kinders gebore: Elna Rossouw, Pieter Redelinghuys, Santa Momberg, Ina van den Berg en Martin Redelinghuys, en ook sewe kleinkinders: Kotie Visser, Monique Steyn, Chanel Malherbe, Luhanni Prinsloo, Melandri Redelinghuys, Danelle van den Berg en Jaco Momberg.

Daar is ook ‘n agterkleinkind: Willem Steyn.

Martin sê dat sy ouers baie trots is op hulle kinders, kleinkinders an agterkleinkind.

Die Redelinghuyse verduidelik dat hulle huwelik se sukses hoofsaaklik aan liefde en genade te danke is.

“Om lief the wees vir mekaar tot die bitter einde en om, om te gee vir mekaar en mekaar se laste te dra en altyd dankbaar te wees vir dit wat ons het,” sê Sus.

“En die genade van ons Hemelse Vader het ons vir dié 50 jaar gespaar en ons tot hier gebring,” voeg Piet by.

“Dankie Here vir die voorreg wat ons as gesin het om ons wonderlike ouers nog by ons te hê; ons is lief vir julle,” is ‘n boodskap namens al die kinders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button