Die Hoërskool Brandwag se o-14A krieketspan het Die Hoërskool Goudrif in die finaal van die Easterns Krieketliga geklop. Hulle is, voor (van links): Arno Fourie, Brandon Meyer, Cameron Jordaan, Harley Steyn, Werner Harding en Edwin van Zijl. Agter: Edrich Schickerling, Victor Wilkens, Justin Sadie, Pierre van Staden (afrigter), Marco Kuhn en Hendro van der Linde.
Die Hoërskool Brandwag se o-15A krieketspan was in die 2013 krieketseisoen onoorwonne en het Hoërskool Die Anker in die finaal van die Easterns Krieketliga geklop. Hulle is, voor (van links): Jean de Beer, Jacques Botha, Ruan Potgieter, Harley Steyn en Tebogo Tau. Middel: Juanré Peens, Stefan Ferreira, Sheldon Botha, Delmain Coetzee, Wickus Fleischman en Ockert de Rouwe. Agter: Anton van Heerden (afrigter), André Ehlers, Martin Steyn, Bert Kachelhoffer (kaptein) en Andrew McClintock (afrigter).Die Hoërskool Brandwag se sewes rugbyspan het hierdie jaar uitstekend presteer en onlangs aan twee toernooie deelgeneem. Die eerste toernooi is deur Hoërskool Rustenburg aangebied, op 11 en 12 Oktober. Brandwag het vier wedstryde gewen maar ongelukkig in die finaal met 24 – 26 verloor teen die Hoërskool Ben Vorster. Die tweede toernooi is deur Sundown Ranch aangebied, op 18 en19 Oktober, waartydens die Hoërskool Brandwag al vyf wedstryde gewen het, insluitend die finaal teen Vereeniging Gimmies,
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!