NewsSchools

Brandwag stel nuwe sport-direkteur aan

Llewelyn Herbert is aangestel as sport-direkteur by die Hoërskool Brandwag.

Hy staan aan die hoof van die atletiek. Die skool meen hierdie aanstelling gaan hulle na nuwe hoogtes neem.

Brandwag het alreeds op 5 Augustus met hul atletiek voorbereiding vir 2015 se atletiek-seisoen begin.

Herbert het SA vyf keer in die wêreld-kampioenskappe, en drie keer in die Olimpiese-spele verteenwoordig.

Hy het ook twee silwer-medaljes en ‘n brons-medalje by die byeenkomste behaal.

Hy het ‘n bekwame afrigtingspan wat atlete gaan afrig in alle items.

Leerders van laerskole is ook welkom om by die program in te skakel. Die skool kantoor kan by 011 849 8911/2 gekontak word vir inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button