Community AnnouncementsLocal newsNews

Paartjie vier 60 gelukkige jaar saam

Hansie (76) en Pieter Pruis (79) het hul 60ste huweliksherdenking gevier.

Die paartjie het die eerste keer in 1953 ontmoet, toe hulle nog altwee by die Benoni Poskantoor, op Princeslaan, gewerk het.

Destyds was Pieter 19 jaar oud en Hansie was 16.

“Ek het ‘n droom gehad waarin ek agter ‘n bus gery het, toe sien ek ‘n meisie met rooi hare en ek het geweet sy sou my vrou wees,” het Pieter gesê.

Min het hy geweet dat hy ‘n rooikop vrou genaamd Hansie sou ontmoet, toe hy ‘n klerk by die Poskantoor word.

“Ek was bang om haar te benader, maar ‘n vriend het my later oortuig om haar te benader,” sê hy.

“Ek het haar sien afloop in Cranbournelaan en het gevra of sy daardie aand met my kon uitgaan – en sy het ingestem.”

Omdat hulle albei destyds nog baie jonk was, het hulle besluit om vir twee jaar met mekaar uit te gaan, voordat hulle getrou het.

Hulle is toe op 3 Desember, 1955, in die huwelik gevestig.

Hansie het oor die jare by ‘n aantal maatskappye gewerk, insluitend Telkom – waar sy later afgetree het.

Pieter het die Poskantoor verlaat en toe na Brakpan Myne oorgeskuif, om as skagbaas te werk.

Hy het ook later in ‘n fabriek gewerk.

Die paar het twee kinders, Elsa Roos en Heila Joubert, asook vyf kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

Hansie en Pieter het al in vele buurte in Benoni gewoon; Benoni Mansions, Mackenzie Park, Morehill en hulle woon die afgelope 20 jaar in Rynpark.

“Ons is baie gelukkig met ons huwelik en ons het mekaar al van die heel begin af lief,” het hulle gesê.

Pieter het sy vrou as ‘n baie goedhartige persoon beskryf, wat sageaard teenoor almal optree.

“Sy kommunikeer goed, maar sy is skaam en stil,” het hy vertel.

Hansie het gesê dat Pieter behulpsaam is, en dat hulle lief is daarvoor om saam in die tuin te werk.

Die paartjie het oor die jare na ‘n aatal plekke gereis, maar hul gunsteling bestemminge is Mossel Baai en Durban.

Aangesien hulle al vir baie jare bewoners van Rynpark is, was hulle beide deel van komitees.

Hansie het as deel van die vermaakskomitee vir Rynpark Twee en Drie gedien, en Pieter was vir 15 jaar ‘n lid van die uitvoerende komitee vir Rynpark.

Hulle het gesê dat samewerking, selfs deur tawwe tye, gehelp het om ‘n sukses van hul huwelik te maak.

“Ons analiseer die situasie en dan werk ons saam aan die probleem wat ons het,” het Pieter verduidelik.

Hulle advies aan jong paartjies is om mekaar te respekteer en mekaar altyd ruimte te gee.

“Respekteer die beloftes wat julle aan mekaar gemaak het en moenie die perke vergeet nie,” het hulle gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button