Brandwag is tweede van bo
Die Hoërskool Brandwag is in Ekurhuleni-Noord as die top openbare skool aangewys, vir die uitslae wat hulle tydens die 2015 Nasionale Senior Sertifikaat eksamens bereik het.
Die skool het tweede plek in die hele Ekurhuleni behaal.
Mariette Keyser, Juanita de Villiers en Irene Viljoen is aangewys as drie van die top Afrikaans huistaal onderwysers in die distrik.
Bianca van der Merwe het vyf onderskeidings ontvang vir haar matriek eindeksamens, ingesluit 96 persent vir beide rekeningkunde en besigheidstudies, en is as die beste leerder in bedryfsekonomie aangewys, in Ekurhuleni-Noord.
“Ek is baie gelukkig met die resultate, dis die beste prys waarvoor ek kon gevra het,” sê Van der Merwe.
“Elke keer as ek ‘n toets of eksamen gehad het, het ek hard gewerk daarvoor; ek het nie halfpad probeer nie, al het dinge soms moeilik geword.”
Sy gaan hierdie jaar by die Academy of Commerce and Accounting, in Lakeside Mall studeer.
Die kursus is 18 maande lank, waarna Van der Merwe hoop om werk te vind en ‘n boekhouer te word.
U mag ook hierin belangstel:
Arbor Primary School’s leaders




