Die Laerskool Rynfield het 10 skaakspelers wat in die Provinsiale Ekurhuleni Junior-Skaakspanne opgeneem is. Hulle gaan in Desember aan die SA Skaakkampioenskappe in Gauteng deelneem. Hulle is, agter (van links): JP van Zyl (o-14B) en Fred Terblanche (o-12A). Middel: Roan Steyn (o-14A), Bevan Lingard (o-14A) en Danel Steyn (o-12 dogterspan). Voor: Annika Terblanche (o-12 dogterspan), Anja Terblanche (o-10 dogterspan), Marise Snyman (o-8A), Danielle Terblanche (o-8A) en Steph Snyman (o-10A).
Die skool het hierdie jaar hul eie sangfees gehou, onder leiding van Santjie Hofmeyr, die kultuurorganiseerder. Rynies het ‘n Kleuterskool-koor, Junior-koor en Senior-koor vir verskeie items ingeskryf. Daar was ook sangsolo’s van graad R tot sewe. Die Laerskool Dalview het ook aan die Rynie Sangfees deelgeneem. Die Rynie Junior-koor was itemwenner vir die Gewyde Afdeling en die Rynie Senior-koor was itemwenner in drie afdelings. Daar was ook vyf itemwenners van graad R tot drie en agt itemwenners van graad vier tot sewe, vir die sangsolo’s. Die Rynie Kleuterskool-koor is hier te sien.
Die Laerskool Rynfield se Junior- en Seniorspreekkore het onlangs aan die Kempton Park Kunswedstryd deelgeneem. Die Junior-spreekkoor was ‘n itemwenner en het ‘n A++ vir hul optrede behaal. Die Senior-spreekkoor het ook ‘n A++ behaal.