News

KYK: Leerders staan tou om bloed te skenk

“Daarom maak ek seker om my deel te doen om iemand in nood te help.”

Leerders van Hoërskool Brandwag het weer op 12 April hul moue op gerol om bloed te skenk.

Die skool dien al vir die afgelope 22 jaar as ’n kwartaalikse kolleksie punt vir die SANBS.

Ongeveer 80 punte bloed word elke 56 dae by die skool geskenk om te help met die aanvulling van die diens se bloed reserwes.

Die City Times het by die skool ingeloer om met skenkers te praat.

Leanda de Jager (16) het aan die begin van de jaar vir die eerste keer geskenk en het gesê dat die keuse om ’n gereelde donasie te maak maklik was.

“Ek weet van baie mense wat dringend bloedoortappings nodig gehad het, maar wat nie dadelik gehelp kon wees as gevolg van voorrade wat laag was,” het sy gesê.

“Daarom maak ek seker om my deel te doen om iemand in nood te help.”

Justin Compion (16), wat vir die eerste keer geskenk het, het maar oë toe geknyp en gewag.

“Ek hou nie van naalde nie, maar ek weet dat ek iemand kan help, so ek moet my vrese in die gesig staar,” het Compion gesê.

Julia Ndaba, woordvoerder van die SANBS Northmead tak, het gesê dat mense moontlik huiwerig is om bloed te skenk aangesien hulle Covid-19 inentings ontvang het en dus nie seker is of hulle mag donasies maak nie.

“Skenkers kan selfs bloed skenk op die dag wat hulle hul inenting ontvang het, mits hulle gesond voel,” het Ndaba gesê.

“Ons is dankbaar vir die leerders en ouers wat die groot dryfkrag agter dié volhoudbare skenkingsprogram is.”

Vir meer inligting skakel die Northmead Skenkingsentrum by 011 897 4951/4950.

LEES OOK: Hoërskool Brandwag deputy principal rolls up sleeves to donate blood for 151st time

LEES OOK: Brandwag skitter in eindeksamens

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button