Hoërskool Hans Moore se o16 hokkiespan het geskitter op die veld dié seisoen.
Gedurende die plaaslike liga-reeks het die meisies foutloos met hul oponente afgereken en het ’n finale wen teen Hoërskool Delmas bekoor met ’n 1-0 telling.
Hulle het verder aan die Noord-Wes Universiteit (NWU) reeks deelgeneem, waar hulle elk van hul wedstryde oortuigend gewen het.
Die span het tydens die finaal kragte gemeet met Hoërskool DR Malan waartydens hulle weereens met 1-0 gewen het.
Teen die einde van die hokkieseisoen het hulle laastens aan die Noordvaal toernooi deelgeneem en het onoorwonne as die kampioene weggestap.
Die span het Hoërskool Lydenburg 5-3 geklop.
LEES OOK: Hans Moore hokkie-bokkie haal streek span
LEES OOK: Hans Moore palm toekennings in







