Solidariteit Helpende Hand se Piet Tandemuis het op 20 Julie by Bollie Kleuterskool, Farrarmere, aangeklop om by die skool se maatjies te leer hoe om sy tande mooi skoon en sprankelend te hou. Met behulp van plaaslike voorsitter, Nelia du Plessis (links), het Piet en kleuters ook verder geleer oor mondhigiëne. Om die organisasie by te staan word inwoners genooi om hul tweedehandse goedere aan Ons Winkel, Sesdelaan, Northmead te skenk. Vir meer inligting kontak Derick Geldenhuys op 073 227 0331.