Lede van Laerskool Northmead se o13 dogters het op 5 Augustus aan die skaak distrik finale by Edenglen High deelgeneem en met al die regte skuiwe die toernooi gewen. Hulle het deurgedring om die Ekurhuleni Noord Distrik by die Gauteng Kampioenskappe te verteenwoordig. Die span is Zani van Rooyen, Zoane Rossouw, Amore Backhouse, Melandi Bosman, Bennie van Niekerk (afrigter), Amy Schiel, Jaculene Bothma, Michelle Daubert en Izel Olivier.