Local newsNewsSchools

ATKV help behoeftige leerders met hul sop-in-‘n-bottel projek

Die tak het self die bestanddele verpak van die maaltyd wat vier mense kan voed.

Die ATKV Boksburg-gesinstak het onlangs uitgereik na leerders by Hoërskool Oosterlig en Benoni Junior School deur behoefige leerders van dié skole met een-gereg maaltydpakkette, as deel van hul sop-in-‘n-bottel projek, te voorsien.

Oosterlig het 40 bottels met bestanddele ontvang (vier bottels vir 10 leerders) en Benoni Junior 72 bottels (vier bottels vir 18 leerders).

Die ontvanger moet slegs die bestanddele in kookwater plaas en `n paar minute later is `n gereg vir vier persone gereed.

Silvi Herman (personeellid van Hoërskool Oosterlig en lid van ATKV- gesinstak), Gillian Herron (organiseerder van omgeeprojekte by Hoërskool Oosterlig) en die hoof, Francois Nel met die skenking.

Oosterlig bedank die tak vir hul skenking wat gaan help om hul behoeftige gesinne te voed.

Volgens die tak se sekretaresse, Elsabe Kleyn, is dit ‘n groot voorreg om in die gemeenskap te kan help waar behoeftes is.

Indien enigiemand by die ATKV se gesinstak betrokke wil raak, kontak Elsabe by 083 307 4398 besoek https://www.facebook.com/atkv.boksburggesin.

‘n Voorbeeld van die maaltye wat uitgedeel is.

LEES OOK: Rudi Claase vir 21ste jaar in die musiekbedryf

LEES OOK: Dit is tyd vir Revue 2023

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button