Local newsNewsSchools

KYK: Skool gee die geskenk van lewe

Die skool se leerders het tou gestaan om deel te neem aan die skool se kwartaalikse bloedskenking veldtog.

Die ry buite Hoërskool Brandwag se snoepwinkel was effe korter op 12 Oktober, omdat 101 Waggies eerder tougestaan het om lewens te red.

Leerders het hul moue opgerol om bloed te skenk tydens die skool se kwartaalikese bloedskenking veldtog van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddienste (SANBS).

Matrieks met gemanikuurde naels het vir oulaas in hul skoolloopbaan geklets met vriende terwyl hul skenkersakkies stelselmaatig uitgeswel het.

“Bloedskenking is van groot belang vir die skool en ons moedig die leerders aan om aan elke veldtog deel te neem,” het die adjunkhoof Anton Geyser gesê terwyl hy uitgestrek sit op die skenkersbed.

“Ek het al 166 eenhede bloed geskenk en hoop om deur hierdie voorbeeld te lei, dat die leerders hul vrese in die gesig sal staar en volg.

“Nie almal kan uitblink op sport, kultuur en akademiese vlakke nie, maar hier kan ons elkeen ‘n lewe red.”

Flink besig om haar vorms te voltooi het Nicole Pearson (18) gesê dat bloedskenking na aan die hart lê omdat ‘n skenker 12 jaar gelede, haar jonger broer se lewe gered het.

“My boetie was na ‘n moeilike geboorte vroeg gebore wat genoodsaak het dat hy bloedoortappings moes ontvang,” het Pearson gesê.

Nicole Peason (18) skenk sedert die ouderdom van 16 bloed om hulde te bring aan diegene wat bygedra het tot haar boetie se oorlewing.

“Ek was net ses maar onthou hoe bekommerd my ouers was oor sy welstand. Hy vandag is spekvet en gesond en ons sit gereeld vas, soos net sibbe kan maar ek is dankbaar dat sy lewe gered kon word.

“My skenkings is om hulde te bring aan diegene wat onbaatsugtig Tristan se lewe gered het.”

Met wit kneukels, klou Chrizaan Chambers (17) aan haar voltooide vorm vas, want dit was die eerste keer wat dié tiener bloed skenk.

“Beide my ouers is gereelde skenkers en hulle sê ek het niks om oor te kwel nie, maar jitte ek is bang vir naalde,” sê sy.

“Ek gaan maar oë toe knyp en fokus op iets anders maar vandag gaan ek ‘n bydra maak om iemand anders in nood te help.”

Suigend aan hul vrugtesappe het die leerders stadig teruggekeer na hulle klasse, met sommiges wat grappened jubel dat hulle nie net helde is vir hul skenkings nie, maar het ook ‘n periode van klas misgeloop het.

Die SANBS bloedskenker sentrum, geleë by Veertiendelaan 42, Northmead, is oop van Maandag tot Vrydag van 10:00 tot 18:00 en Saterdag van 08:00 tot 14:00.

Vir meer inligting of om ‘n veldtog by jou skool of besigheid te reël skakel 0800 11 9031 of 011 897 4951 of gaan na www.sanbs.org.za

LEES OOK: Brandwag leerling die fikste tiener in die land

LEES OOK: Brandwag spog met 100% slaagsyfer

   

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button