Local newsNewsPrimary SchoolSchools

Norrie gekies om land in LA te verteenwoordig

‘n Leifde vir drama woed deur Mieke Arnott se are.

Die negejarige Mieke Arnott van Laerskool Northmead is slaggereed om die wêreldverhoog te betree na haar insluiting in die Suid-Afrikaanse span wat die land by die Wêreld Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste in Los Angeles gaan verteenwoordig.

Gebore met ‘n vindingryke verbeelding, het dié leerder reeds op die ouderdom van vier familie en vriende betower met haar konserte waar sy haar gunsteling karakters nageboots het.

Op die ouderdom van vyf het dié veelsydige aktrise haar voete op die verhoog gevind waar sy reeds aan talle kunswedstryde deelgeneem het.

Tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste, wat van 29 September tot 7 Oktober in Rustenburg plaasgevind het, was dié provinsiale verteenwoordiger bekroon as die beste algehele wenner vir drama (vyf tot 12 jaar), ‘n prestasie waarop sy trots is.

Sy het tydens die kampioenskappe in Runstenburg die rol van Frozen se Anna vertolk.

Mieke het aan 19 kategorië deelgeneem waarin sy 10 goud, ses silwer en drie brons madaljes gewen het.

As ‘n lid van die C J Cillié Drama Ateljee, het Mieke haar kreatiewe uitlaatklep ontdek en geniet die vryheid om haarself deur die woorde van haar karakters uit te leef.

“Die kans om LA toe te gaan is ‘n droom wat waar word,” het sy gesê.

“Om in die strate te loop waar so baie bekende akteurs en aktrieses hul roem gekry het gaan dié beste ondervinding wees.”

Met ikone soos Mara Wilson van Matilda asook Emma Watson en Daniel Radcliffe van Harry Potter, wat haar inspireer hoop Mieke dat dié geleentheid van ‘n leeftyd, haar pad na Hollywood sal oopbaan.

LEES OOK: Norries het gawe van klets

LEES OOK: Norries praat pryse los

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button