Local newsNews

Inspan bly vir jong bloed wat by die laer aansluit

Die laer kom Dinsdae om 19:00 te Witfield Park Aftree-Oord bymekaar.

‘n Mens moet jou kultuur uitleef en bewaar.

Dit is die sentiment van Mavis Coertzen (18), Nandri Melville (13) Kathleen Coertzen (18), Juan Jansen van Rensburg (17) en Tenika Venter (17), die jongelinge wat betrokke is by Inspan Volkspelelaer .

Aangesien meer ouer mense deel is van Inspan, wil hulle graag ander jeugdiges aanmoedig om betrokke te raak.
Jansen van Rensburg is al ‘n rukkie deel van Inspan en die ander het onlangs begin om getrou Dinsdagaande om 19:00 ‘n tiekiedraai te kom maak by die Trans-50 Witfield Park Aftree-Oord as die niggies en nefies bymekaarkom.

Venter het verduidelik dat sy betrokke was by die Voortrekkers en het saam met die kommando die laer sien optree.

“Ek het baie daarvan gehou en besluit om by Inspan aan te sluit en van my vriende oortuig om dieselfde te doen,” het sy bygevoeg.

Jansen van Rensburg het op sy beurt vertel die mense van die laer se vriendelikheid het hom geïnspireer om aan te sluit.

Deur sy betrokkenheid by die laer het hy baie vriende gemaak, selfs met mense van plekke soos Bloemfontein.

Dié lede het vertel dat die samesyn en geleentheid om meer van hul kultuur te leer vir hulle beste ding is van die laer.

“Ons sal graag ander jongmense ook wil aanmoedig om betrokke te raak,” het Jansen van Rensburg gesê.

Hulle raad aan die jeug wat ook Volkspele wil beoefen: “Moenie omgee oor wat ander mense van jou sê nie en doen goed wat jou gelukkig maak. Probeer om elke oomblik van jou lewe te geniet.”

Marita van der Walt, sekretaresse an tesourier, sê die laer is bly en dankbaar as jonger lede by hulle aansluit.

“Ons is opgewonde om hulle by ons te hê. Hulle sal ook agterkom dat Volkspele selfvertroue bou en leierseinskappe kweek,” het sy gesê.

Vir meer ingligting, kontak haar by 074 116 5497.

LEES OOK: Inspan Volkspelelaer se 49ste herdenking

LEES OOK: Norries wys hul kultuur kant

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button