Local newsNewsSport

Roxy gereed om doele te gooi in NZ

“As jy hard werk en glo in jouself, sal jou drome waar word.”

‘n Mens hoor gereeld dat sommege kinders gebore is met ‘n lied in hul hart of dansskoene aan hul voete.

Laerskool Rynfield se Roxanne Burger (13) is egter gebore met die vernuf van ‘n Protea doelskieter en is tans besig om voor te berei om die land te verteenwoordig in die 2024 Super World Cup Action Netball Series in Nieu-Seeland.

Roxy, soos haar spanmaats haar ken is al vanaf Graad Een af ‘n aktiewe lid van die skool se netbalspan en speel tans vir die eerste span.

Laat middag, wanneer haar vriende agter hul huiswerk boeke inskuif, verklee Roxy in haar o13A Jaguars sportklere en betree die groen matte by Benoni Action Sports, om verder haar passie vir netbal uit te leef.

Roxy Burger (13).

“Ek eet, slaap en leef netbal, veral aksienetbal,” sê dié veelsydige speler.

“Ek geniet dit om vir die skool te speel, maar die spoed en gees op die aksienetbal bane is opwindend.”

Roxanne het in 2021 by die klub aangesluit nadat sy vir jare deur die nette gekyk het hoe haar ouer suster en niggie balle na hul doele voer.

In Maart verlede jaar het sy op die baan gedraf gedurende die Super League, ‘n interklub toernooi.

“Dié toenooi het ook gedien as proewe vir die inter provinsiale span waarvoor ek gekies is.

“Tydens die nasionale toernooi was keurders teenwoordig om o13, o15 en o19 spelers te verkies vir die nasionale spanne.”

Dié vurige speler was voorlopig gekies as ‘n nie-reisigende speler, maar is onlangs opgeroep om deel te vorm van die span, wat vanaf 16 tot 28 Julie na die Suid-Stille Oseaan eiland toer.

Roxy is reg om die wêrerld van netball te betree.

“Ek was oorweldig toe ek aanvanklik die span gemaak het, maar kon nie glo toe hulle bel om te sê ek is ‘n volwaardige lid van die toerspan,” het sy gesê.

“Ek het sommer gehuil. Dit is oorweldigend dat my vaardighede op so hoë vlak raak gesien word.”

Van die opkomende toer sê Roxy, die span is reeds hard aan die werk met ‘n reeks oefensessies, wat in van die land se nege provinsies plaasvind.

“Die fokus is tans om ons as ‘n span te smee en sodoende spelplanne saam te stel,” sê sy.

“Ons weet die kompetiesie gaan straf wees maar hoop om die land se naam hoog te hou.”

As die enigste speler van Benoni sê Roxy sy is opgewonde om die dorp, haar skool asook klub op internasionale vlak te verteenwoordig.

“Dit is ‘n geleentheid van ‘n leeftyd. Ek het nog net gedroom om deur middel van aksienetbal die wêreld te verken, maar nooit het ek gedink dit sal so gou gebeur nie,” het sy gesê.

“Drome word waar as jy in jouself glo.”

Image: supplied.

Om Roxanne se droom te verwesenlik het sy R70 000 nodig om deel te vorm van die toer.

‘n Fondsinsameling pretdag sal op 27 April by Benoni Action Sports aangebied word ten bate van haar toerkostes.

‘n Verskydenheid wedstryde sal deurlopend gedurende dag gespeel word.

Vir meer inligting of besprekings skakel Belinda Burger op 083 944 3267.

LEES OOK: Rynfield redenaars se tonge is los

LEES OOK: Rynfield atlete skitter by D17

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button