Die eerste span hokkiebokkies het onlangs aan die Noorvaal Liga, by Hoërskool Dr Malan teen Hoërskool Randburg meegeding vir die trofee. Onder die leiding van kaptein Michaila Boshoff en onder-kaptein Emma Royce, het hulle tweede uit die stryd getree.
Onder leiding van kaptein Joshlyn Austin en onder-kaptein Leche Leonard het Hoërskool Hans Moore se o16 hokkiespan eerste in die Easterns Liga geëindig.
Die skool se tweede span het deurgedring na die finaal teen Hoërskool Brandwag tydens die uitspeelreeks by Hoërskool Stoffberg. Die Moorie-span het tweede algeheel geëindig.