Local news

Hans Moore atlete swem dat die water spat

Die skool is aangewys as die kompetiesie se algehele wenner.

Hoërskool Hans Moore se 35 swemmers het dié jaar se swen interhoër in Boksburg gewen.

Sewe skole het aan die kompetisie deelgeneem.

Volgens een van die spanafrigters, Juandré Pallas, het die leerlinge se ‘sink of swen’ geesdrif tot die jaar se sukses bygedra.

“Ons oefen sedert Januarie en elke atleet het die water met vasberadenheid en oorgawe betree,” het hy gesê.

“Hul toewyding en selfdissipline het dit maklik gemaak om hul tot op dié punt af te rig.”

Declan Taylor (o19) het die staande borsslag rekord met 11 sekondes verbeter, terwyl hy die rugslag rekord met een sekonde verbeter het.

LEES OOK: Hans Moore wen drie revue titels

LEES OOK: Hans Moore kolwers breek skole rekord

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button