KYK: Tannie Bettie vier ‘n nuwe eeu
“Genade, hoop en liefde is die bestandele om ‘n ryk lewe te geniet.”
Elizabeth (Bettie) Olivier, inwoner van The Old People’s Home, in Howardlaan, Benoni, se vreugdestrane het geglinster op sagte pienk angeliere toe die tehuis haar verras het met ‘n prag rangskikking ter viering van haar 101ste verjaarsdag.
Op 22 April, het familie en inwooners by die tehuis se saal byeengekom om saam dié oud-Laerskool Northmead onderwyser se nuwe lewenseeu te vier.
“Ek voel 100 jaar oud,” het die verjaarsdag nooi gespot.
“Maar elke dag en elke jaar het die Here my geseën. Dié vieringe gaan nie oor my nie, maar is ‘n beleidenis van God se liefde.”
Met haar hand gevleg met die van haar geliefde skoonsuster, Catrien Olivier, het Bettie jolig haar kop geswaai en vingers gedrom op die maat van goue oue treffers, gesing deur Juan Jacq Oosthuizen.
“As ‘n 28 jarige man, is dit ‘n voorreg om vandag vir tannie te kom sing,” het die sanger gesê.

“Tannie se glimlag verhelder al vir dekades elke vertrek wat u binne tree en u stralende liefde het meenigte harte geraak.
“Dit is my wens dat ons by tannie leer om sagkuns deur die lewe te gaan, met geloof en vertroue.”
Fasiliteit bestuurder, Kim Miller het gesê: “Bettie se lewe ‘n getuigskrif van geloof, vasberadenheid en genade, en vandag jubel en juig ons ter viering van die lewe wat jy so grasieus leef.”
Voor die vermaaklikheid voort geduur het, met verses deur Frank Sinatra, Elvis Presley en Neil Diamond reg om uit Juan Jacq se mond te tuimel het Bettie haar vinger in die lug gesteek en met oortuiging aan die woord gespring.
“My grondslag jare was gedurende die tweede werêld oorlog, ek het gesien hoe nasies val en weer herbou word,” het sy vasbeslote gesê.
“Ek hoor die daagliks oor die nuus van oorlog en konflik, mense is bang vir wat mag kom. In tye soos dié moet ons stilte oor ons lippe bring, ons oë hef na die hemele, luister na die Here se woord en doen wat Hy sê.

“Moenie teë praat nie, luister, doen en glo dat Hy in beheer is.”
Ter einde van die veestelikhede, het Bettie almal bedak vir hul liefde en omgee.
“Mag julle geseënd wees en elke oggend met dankbaarheid betree, die lewe is ‘n lied met God in julle harte,” het sy gesê met ‘n waai van die hand.

ALSO READ:
ALSO READ:








