Die stoepe van Hoërskool Brandwag het ontaard in ‘n betowerende sprokieswêreld toe leerders soos hul gunsteling storieboek karrakters aangetrek het.
Die skool se boekklub het die inisiatief van stapel gestuur om fondse in te samel vir die aankoop van boeke vir die skool se biblioteek.
Volgens adjunkhoof, Cheree Avenant, het onderwysers gelet dat leerlinge boeke uit klas leeshoeke wou leen, om dit sodoende tuis klaar te lees.

“Ons was verstom dat die jeug van die digitale era daarna hunker om fisiese boeke te lees,” sê Avenant.
“Ons boekklub het dus besluit om ‘n kostuum kompetisie van stapel te stuur waarvan inskrywingsfooie gebruik word om nuwe boekvoorrade aan te koop.”
Karakters van Dr Seuss tot Roald Dahl was by die skool gesien en leerlinge het opnuut opgewonde geraak oor die litterêre kunste.
LEES OOK: Brandwag spits hul aandag op boelies
LEES OOK: Brandwag gekroon as Super-reeks wenners









