Local news

Kolwer slaan rekord vir ses

Dié kolwer hou tans die skool rekord vir die meeste lopies in ‘n enkele spel.

Hoërskool Hans Moore se Stephan Vermaak het die skool se kolfrekord gebreek gedurende ’n wedstryd teen Benoni High School op 25 Februarie.

Die o15A krieketspeler het 367 lopies aangeteken van 149 balle en het 32 sesse en 28 viere geslaan.

“Hy is die eerste leerder in die geskiedenis van die skool om meer as 300 lopies aan te teken in ’n enkele wedstryd,” het Paul Amorim, direkteur van krieket by die skool, gesê.

“Die rekord het aan Juandré Johnson met 265 lopies behoort.”

Die ster kolwer is ook tans landswyd die leerder wat die meeste lopies in ‘n enkele kolfbeurt gedurende dié krieketseisoen aangeteken het.

Stephan Vermaak voor die paaltjies.

Stephan het tot dusver 12 wedstryde gespeel en spog met die volgende statistieke:
• ’n Totaal van 1 012 lopies

• ’n Gemiddeld van 101.2 lopies

• Vier 50 talle

• Drie 100 talle

• Twee nie uit nie

LEES OOK: Hans Moore kolwers breek skole rekord

LEES OOK: Hoërskool Hans Moore nuwe personeel 2020

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button