Local news

Plaaslike sangeres hoop haar nuwe enkelsnik raak mense

Ek Sal My Vingers Af Baklei is 'n diverse lied waarmee jy jouself vereenselwig.

Angel de Lange van Ryfield is besig om haar stempel in die musiekbedryf af te druk.

Haar album‚Vat My Terug, was baie goed ontvang deur die publiek terwyl sy bo-aan verskeie radiostasies se trefferparades gekuier het en liedjie van die jaar op verkeie radiostasies in Suid Afrika behaal het.

Na vier jaar se wag en harde werk is sy terug met haar nuutste enkelsnit, Ek Sal My Vingers Af Baklei.

“Ek sien nie net myself hierin nie, maar my mense. Die mense van Suid Afrika, die mense wat moedeloos is, en die mense wat eerder kans sien vir opgee. Hierdie is nie net ‘n liefdesliedjie nie. Dit is ’n ‘love letter to myself’, ’n liedjie wat ek vir lank teruggehou het as gevolg van my eie innerlike geveg, en die tema van die lied sluit hierby aan,” het die sangeres oor die country-rock liedjie gesê.

Die liedjie kom uit die pen van die plaaslike platinum-bekroonde liedjieskrywer en sanger Rudi Claase.

LEES OOK: Rudi Claase vir 21ste jaar in die musiekbedryf

“Ek wil nie die Covid-kaart speel nie maar in werklikheid het ons deur soveel seer gegaan met die pandemie.

Soveel mense het verloor, nie net naasbestaandes nie, maar die moed om op te staan en aan te gaan, om te veg vir die toekoms en ons drome.

“Hierdie is so ‘n diverse lied waarmee jy jouself vereenselwig in verskeie vorms en emosionele konneksies.

“Ek sing die lirieke vir myself. Ek het nooit gedink ek sal herstel van die seer waardeur ek gegaan het met die pandemie nie. Ek het ’n swaer en my tweede boetie verloor. Ek het gesukkel as ’n kunstenaar wat net haar debuut gemaak het in Suid-Afrika om eweskielik voor ’n toe deur te staan.

“Dit was ’n geveg binne my om nie myself oor te gee aan depressie nie, maar ek het steeds op die verhoog vir mense ’n glimlag gewys en dit was nie maklik om dit te doen nie”.

’n Musiekvideo van die liedjie sal ook binnekort op die kassie te sien wees.

Dit is in die geboue van Hoërskool Dr EG Jansen, waar sy skoolgegaan het, verfilm en stel Angel in twee vorms voor; die weerlose en afgebreekte deel wat niemand sien nie en die vegter binne in haar.

Simbolies wou sy wys wat in elke induvidueel se hart was en hoe hulle weer kan opstaan, weer kan opkyk en weer kan veg vir hulle toekomsdrome.

Die liedjie is op alle digitale platforms, soos Spotify en YouTube, beskikbaar.

LEES OOK: Are you ready to go voluit Afrikaans?

   

Related Articles

Back to top button