LettersOpinion

Waar is die pos van al hierdie maande?

Cobus Rossouw van Benoni skryf:

Op Dinsdag, 9 September, om 11.40vm, was ek by die poskantoor se sorteerlokaal gewees.

Daar het ‘n paar persone rond gesit omdat daar niks was om te doen nie.

Een van hulle het gesê dat die voertuig weg is om pos af te lewer.

Daar was hoop, of so het ek gedink, maar teen Vrydag, 12 September, was die posbus steeds leeg.

Ons het op 21 Julie laas een brief ontvang.

Nou is die vraag; waar is die pos van al hierdie maande?

Ek het dit nie in die sorteerlokaal gesien nie.

Waar word dit gestoor?

‘n Persoon het lank gelede gesê, en ek haal aan: “You can fool all of the people some of the time and some of the people all of the time, but you cannot fool all of the people all of the time.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button