EntertainmentLifestyle

Bobby van Jaarsveld tref EnDeo verhoog

Aanhangers van Afrikaanse pop sensasie Bobby van Jaarsveld kan opgewonde raak oor sy optrede by die EnDeo Gemeente, in Northmead, op 12 September.

Die konsert is ‘n fondsinsameling vir die welsynsinisiatief, “Reach out to the people in Ekurhuleni” (Rope), wat ‘n geregistreerde metropolitanse beplanning organisasie is.

Die kerk het onlangs ‘n samewerkingsooreenkoms met die stigtingsparty gemaak en is betrokke by die projekte.

Huis EnDeo, waar 10 kinders gehuisves is, is een van die projekte waaraan Rope onderhoudskostes voorsien.

Die organisasie voorsien ook kospakkies by die kerk, onder andere.

Die inisiatief is nog nuut gevestig en word hoofsaklik binne Benoni bedryf, met die lang termyn doel om regoor Ekurhuleni te strek.

Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar en die konsert sal om 7nm begin.

Die kerk is geleë op die hoek van Tweedelaan en Sesdestraat, in Northmead.

Vir verdere inligting, skakel vir Dalene de Waal by 082 857 1725, of die kerkkantoor by 011 857 1725.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button