Afrikaanse Musiekfees 12
Dit het alles op 31 Augustus 2002 begin: Lefra Produksies se eerste Afrikaanse Musiekfees in die Big Top Arena by Carnival City.
Dit is twaalf jaar later en besprekings is nou oop vir die Afrikaanse Musiekfees 12, vanjaar op Saterdag, 27 Julie 2013 teen 7nm.
Tydlose gunstelinge en vars nuwelinge groet die winter en verwelkom die lente op skouspelagtige wyse in die Big Top Arena by Carnival City tydens Gauteng se oorspronklike Afrikaanse Musiekfees.
Besprekings kan by Computicket gedoen word by 0861 915 8000, of op hulle webwerf by www.computicket.com.
Daar is oudergewoonte ‘n lekker afslag vir groepe van meer as 10 – skakel Lefra Produksies by 011 815-3000, of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com. Hierdie is ook ‘n fantastiese geleentheid vir organisasies wat fondse wil insamel.
Gesels gerus met Charl Senekal by op dieselfde nommer vir meer inligting, of stuur ‘n e-pos aan info@lefra.com.
Die afgelope elf jaar het sowat 200 kunstenaars meer as 35,000 mense vermaak. Daar was van die land se mees bekroonde, gewildste en selfs omstrede kunstenaars, die oues en die jonges, die hoopvolles en tydlose ikone – bloot suiwer Afrikaanse talent.
En vanjaar maak Lefra Produksies weer so tydens die Afrikaanse Musiekfees 12. Chris Chameeon, Rocco de Villiers, Tobi Jooste, Karlien Husselman, Dirk van der Wetshuizen, Lee Scott asook Liefste Kayla van die gelyknamige televisiereeks is van die topkunstenaars wat op een verhoog te siene gaan wees in die Big Top Arena.