My Boetie se Sussie se Ou
My Boetie se Sussie se Ou word tot 1 Junie by Emperors Palace se Marcellus Teater opgevoer.
In die toneestuk ontmoet ons weer vir John Smith (David Rees), die Londense Taxi-bestuurder wat saam met sy vrou Mary (Ana van Achterbergh) in Highgate gewoon het, en ook met sy vrou Barbara (Cindy Swanepoel) in Finchley, net vier minute uitmekaar.
Vicky (Anèl du Plessis), John en Mary se dogter en Gavin (Francois van Rensburg), seun van John en Barbara Smith, ontmoet in ‘n Internetkletskamer en is angstig om in persoon te ontmoet. Wanneer John van hierdie jong internetromanse te hore kom, moet hy behoorlik bontstaan om sy kinders uitmekaar te hou en sy dubbele lewe geheim van sy kinders sowel as sy vrouens.
John klop natuurlik by sy vriend Stanley Gardener (Botha Enslin) aan om hulp.
En wanneer Stanley se seniele pa Dêda (Hennie Smit) opdaag vir vakansie, is die gort behoorlik gaar.