MunicipalNews

Akker Straat ‘n hawe vir kriminele

Vir die afgelope paar jaar, kom Akker Straat in Van Dyk Park voor as ‘n "veilige" hawe vir kriminele en onaanvaarbare gedrag.

’n Inwoner wat al vir drie jaar in Akker Straat woon, sê dat dit ’n verskriklike area is.

Die oorgroeide veld in hierdie straat blyk veral ’n probleem te wees.

Sedert die somer aangebreek het, is die gras blykbaar nog nie gesny nie.

Die veld is al vantevore deur kriminele as ’n skuilplek gebruik en ten spyte van die “No Dumping” teken, word dit nogsteeds as ’n stortingsterrein gebruik.

Volgens die inwoner is daar ook heelwat voertuie wat gedurende die nag by die veld intrek.

“Ons weet nie of hulle dwelms smokkel, of wat nie. Dit is donker, so ons kan nie sien wat aangaan nie.”

Verbylopers is ook geneig om skaamteloos in die veld te urineer.

Die inwoner sê ook dat daar by heelwat huise ingebreek word, en dat dit gepaardgaan met die vergiftiging van diere.

“Ons is al te bang om buite te sit. My seun was al hier beroof.”

Laastens, het die inwoner bygevoeg, is die pad ook ‘n “resiesbaan”.

“Motoriste ry verskriklik in hierdie pad en hou ’n gevaar in vir die kinders wat soms in die straat speel.”

Die Advertiser het teen druktyd nog geen kommentaar vanaf die metro rakende die oorgroeide veld en rommel storting ontvang nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button