
Volgens wyksraadslid, Andrè du Plessis, het die probleem ontstaan weens ’n dubbel-kabel fout in die omgewing.
Du Plessis beweer dat die een kabel reggemaak is, maar in die proses om die ander kabel reg te maak, is die waterpyp beskadig.
Werkers het blykbaar deur die nag op die hoek van Elizabeth en Caravelle weg, gespook om hierdie probleem op te los.
“Die waterpyp sal eers reggemaak moet word voordat hulle die kabel kan regmaak, aangesien die kabel nou vol water is,” sê du Plessis.
In gevalle van probleme en navrae, moedig Du Plessis die inwoners van Impala Park aan om hom te kontak op 083 655 8187.
Hy sal hulle dan by die databasis op sy foon voeg waar hulle op diè manier maklike inligting sal verkry van wat in die omgewing aangaan.
Hy is 24-uur per dag op hierdie nommer beskikbaar.



