Inwoners van die omgewing het al ’n boom in die gat geplant om motoriste teen die gat te waarsku, maar tans is dit net ’n droë tak in die gat.
Bou rommel is ook in die gat gegooi.
Volgens Slabbert, is die gat minstens 1m diep.
“By verdere ondersoek blyk dit dat daar ’n tonnel is wat besig is om onder die teer te ontwikkel, wat sal veroorsaak dat ’n groter gedeelte mag inval, en groot skade aan voertuie kan veroorsaak.”
Volgens Ekurhuleni metro woordvoerder, Lebogang Ramashala, sal die metro die gebreekte stormwaterpyp herstel.
Die metro sal waarskynlik voor Vrydag, Maart 21, klaar wees met die opvul van die gat.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



