Beeldmateriaal van die sekuriteitsvideos wys hoe ’n wit dubbel-kajuit Toyota Hilux bakkie by die skool se hoofhek in Rietfontein Weg uitry met die motorfiets agterop.
Die motorfiets is ’n Puzey MXR 125 RD en die registrasie nommer is RSD672W.
Dylan Burger se valhelm en handskoene is saam met die motorfiets gesteel.
Kommunikasiebeampte van die Boksburg Noord SAPD, Luit Juanita Coetzer, het bevestig dat ’n dossier by die polisistasie oopgemaak is.
“Die Boksburg Noord SAPD was op die perseel, maar die saak sal verder deur die Benoni se voertuigeenheid ondersoek word.”
Enige iemand met inligting kan die Adjudant Offisier GP O’ Neill by 011 306 000 skakel. – @IschkeBoksburg



