Inge Gouws (links), van Morganridge, het die slapies afgetel om haar eerste skooldag by Laerskool Concordia te begin. Martinique Nel (regs) is van dag een ’n pligsgetroue leerling en hard aan die werk.
Juf Marlene Henderson saam met Karmie Steyn (links) en Danelle Claassen. Karmie se ma en Danelle se pa is albei onderwysers is by Laerskool Concordia.Juffrou Emmarentia West en Kaylin Coetzee en Arno Britz.
Liam-Vee Rossouw was ’n bietjie onseker oor sy eerste dag in graad een. Conrad Schlebusch het hom so bietjie getroos en moed ingepraat.
Monya du Toit is glad nie bang vir die ”groot skool” nie. Met haar tas op haar rug, het sy vol selfvertroue en met ’n groot glimlag by haar nuwe klas ingestap.
Juffrou Anchell van Loggerenberg saam met haar entoesiastiese nuwe graad een klas.
Martinique Nel is opgewonde en gelukkig om in die ”groot skool” te wees. Hierdie brawe meisie het nie een traan op haar eerste dag van skool gestort nie.
Vitto Stoltz, van Jansenpark, lyk selfvoldaan om in die ”groot skool” te wees.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!