NewsSchool sportSchoolsSport
Concordia se eerste rugbyspan wen liga
Die eerste rugbyspan van Laerskool Concordia het vanjaar hul liga gewen deur Laerskool AG Visser in ’n opwindende eindstryd in ysige weerstoestande op 14 Junie in Brakpan te klop.
Die eindtelling was 12-10 in Concordia se guns.
Die span het hul vyf jaar van laerskool rugby op ’n hoë noot geeïndig, saam met hul passievolle afrigters, Wayne Eloff, Neels van Schalkwyk en Joost Smuts.
Hulle bedank hul amptelike spanborg, TW Profile Services.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



