Jansieraad samel kos in vir behoeftiges
Enigiemand wat die projek wil ondersteun is welkom om nie-bederfbare voedsel by die skool te gaan aflaai
Hoërskool Dr EG Jansen se leerlinge daag die publiek uit om hul harte teenoor die gemeenskap oop te maak.
Die Jansieraad het onlangs die Koskas Challenge van stapel gestuur met die doel om nie-bederfbare voedsel vir behoeftige gesinne in te samel.
“Daar is mense wat geweldig swaarkry weens die negatiewe impak wat die pandemie op ons ekonomie het. Ons leerlingraad het dit toe goed gedink om ‘n verskil in die gemeenskap te maak deur die Koskas Challenge te begin. Sodoende samel die leerlinge kos in om ons skool se koskas vol te hou. Die kos word aan behoeftige gesinne in ons skool geskenk.
“Ons hoop van harte dat ouers, leerlinge en die publiek die Jansieraad se inisiatief sal ondersteun. Geen donasie is te klein nie en kan iemand help om deur hierdie moeilike tyd te kom,” het Chrizanne Pretorius, hoof van bemarking gesê.
Enigiemand wat die projek wil ondersteun is welkom om nie-bederfbare voedsel by die skool te gaan aflaai.
LEES OOK:
Jansies vaar goed in Con Spirito se aanlynkunswedstryd
LEES OOK:
Onderwyseres van EG Jansen verloor stryd



