Local newsNews

Boksburg skole verwelkom nog grade terug

Ten spyte van die beduidende verandering wat op hulle wag oor die nuwe normaal, was meeste leerders van Laerskool Witfield en Hoërskool Voortrekker opgewonde om terug te wees by die skool

Dit blyk of fase twee van die infasering van meer grade vlot verloop het in Boksburg toe Graad 11, Ses en R leerders op 6 Julie terug is nadat hulle vir byna vier maande agter slot en grendel gesit het.

Ten spyte van die beduidende verandering wat op hulle wag oor die nuwe normaal was meeste leerders van Laerskool Witfield en Hoërskool Voortrekker opgewonde om terug te wees by die skool.

Leerders het met hul aankoms ‘n siftingsproses ondergaan en is inligting gegee oor hoe die maatreëls tydens die inperking hanteer word.

Laerskool Witfield

Ongeveer 90 persent van Laerskool Witfield se Graad Ses en R leerders het opgedaag, gewapen met maskers en reiniger. Die skool het al die nodige voorsorgmaatreëls in plek en daar is gemaklike ontsmettingspunte vir kinders rondom die skool ingestel.

Belinda Nel, een van die laerskool se Graad R onderwyseres, het vertel dat dit vir haar lekker was om die leerders terug te verwelkom.

“Ek is baie bly om die kinders weer te kan sien, hul werk is reeds in sakkies vir hulle gepak. Dit lyk vir my of hulle net so opgewonde is oor die terugkeer. Ek glo nie een kind het ‘n traan gepik nie. Die onderwyseres het beklemtoon dat die skool moeite doen om reëls aan leerders te verduidelik sodat hul dit verstaan.

“Leerders moet deur ‘n siftingsproses gaan as hul by die skool aankom en word nie sonder ‘n masker toegelaat nie. Na hul temperatuur gemeent is, word dit op ‘n plakker geskryf en op die kind se arm geplak. Ons leer hul van die virus en gee ook vir elke kind ‘n hula hoop sodat hul ‘n veilige afstand van hul maatjies kan handhaaf.

“Daar word pouses ook aangedui waar dit veilig is vir hulle om te sit. Leerders mag ook nie onnodig rondloop nie,” het Belinda bygevoeg.

Hoërskool Voortrekker

Gerhard Joubert, adjunkhoof van Hoërskool Voortrekker, het gesê leerders is nou in twee groepe (groen en geel) verdeel en maak beurte om klas te draf.

“Dit wil sê dat elke les nou twee keer aangebied gaan word,” het hy verduidelik.

“Ongeveer 70 persent van die eerste groep leerders het die oggend by die skool aangemeld. Ons het steeds al die nodige maatreëls in plek, maar sommige leerders is steeds bang. Die emosionele stres eis sy tol op die kinders. Hul kan ook nie op die stadium ‘n gesonde balans tussen akademie en buitemuurse aktiwiteite hanfhaaf nie,” het hy uitgewys.

Hy het verder sy personeel bedank vir hul harde werk te midde van die pandemie.

Monice Daníels, ‘n Graad 11 leerder aan die skool, het aan die Advertiser verduidelik dat sy opgewonde is om weer by die skool te kan wees.

LEES OOK: 

Verskeie skole tydelik gesluit weens Covid-19

LEES OOK: 

Boksburg gereed vir heropening van skole

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button