Local newsNews

Baanbreker Voortrekkers gaan groen

Lede van die kommando het vir die eerste keer sedert die grendeltyd weer byeengekom

Die Baanbreker Voortrekkers se Miere en Skilpad spanne het op 14 Oktober in Parkrand tydens ’n byeenkoms meer geleer oor vetplante en spekbome.

Elke voortrekker het ook ’n spekboom by hul huis gaan plant.

Dawie Maree, wat kennis van die planteryk het, het die spanne toegespreek.

Hennie Venter, kommandoleier, het gesê dat dit wonderlik was om weer byeen te kom.

“Die kinders het de dag baie geniet. Weens die grendeltyd kan ons nie in ’n groot groep bymekaar kom nie, daarom het ons die kommando in kleiner spanne ingedeel,” het Hennie verduidelik.

Also Read: Baanbreker Voories vier 35 jaar se bestaan

Also Read: Voortrekkers vier 500 jaar van reformasie

   

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Boksburg Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button